EFF se tugstappe-saak in hooggeregshof

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor vandag die EFF se aansaak aan om tugstappe teen ses van sy parlementslede, insluitend leier Julius Malema, tersyde te stel. Die lede is beskuldig van minagting van die Parlement nadat hulle verlede jaar die verhoog bestorm het tydens president Cyril Ramaphosa se staatsrede. Die lede sal van Donderdag af vir een maand sonder betaling geskors wees. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hulle sal die EFF se aansoek teenstaan en voeg by hulle het ʼn baie sterk saak.