EFF se optrede veroordeel
Die GOOD Party het die EFF in Kaapstad veroordeel vir die ontwrigting van Donderdag se raadsvergadering. EFF-raadslede het op die raadsvloer oor die skut van taxi’s betoog en burgemeester Geordin Hill-Lewis se toespraak onderbreek. Suzette Little van GOOD sê hulle stem saam dat die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, aanspreeklik gehou moet word vir sy rol in die gewelddadige taxi-staking, waarin vyf mense dood is. Sy sê egter om ‘n raadsitting in chaos te laat verval sal nie tot aanspreeklikheid lei nie.