EFF se nasionale stilstand is vandag, Giwusa maak saam

Alle oë is op Suid-Afrika vandag met die EFF se sogenaamde nasionale afsluiting. Die General Industries Workers Union of South Africa het sy steun herbevestig vir die EFF se nasionale afsluiting vandag. Die EFF het sakeondernemings gedreig en gesê hulle moet sluit om plundering te vermy. Die party eis die bedanking van President Cyril Ramaphosa. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die regering beskerm nie werkers se behoeftes en regte nie, wat die land se ekonomie negatief raak. Hy sê die nasionale afsluiting wil klem plaas op verskeie uitdagings, waaronder werkloosheid en die ineenstorting van die staatsdiens. Sebei sê die ANC-regering moet uit die kussings gelig word: