EFF sê kernboodskap is tydens stilstand oorgedra

Die EFF sê hulle is in hulle skik met die oorweldigende sukses van hul nasionale stilstand wat wêreldwyd eise vir bestendige elektrisiteitsvoorsiening en President Cyril Ramaphosa se bedanking aangeteken het. Die EFF loof aktiviste van oraloor dat hulle hul frustrasie met die huidige regime vreedsaam oorgedra het. Partyleier Julius Malema het op ‘n nuuskonferensie in Johannesburg gesê die staat en die media se aanblaas van vrees oor die optrede wat gewelddadig en chaoties sou wees, is verkeerd bewys aangesien die kernboodskap suksesvol oorgedra is.