EFF sê hy weet hoeka van Jordaan
Die EFF sê hy het lankal die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, as ʼn korrupte ANC-kader in die vereniging geïdentifiseer. Jordaan en twee ander word aangekla van bedrog en diefstal wat verband hou met die wanaanwending van 1,3-miljoen-rand. Die EFF vra ʼn deeglike en onafhanklike ondersoek na SAFA se finansies tydens Jordaan se termyn. Hy sê daar moet gefokus word op waarheen die vereniging se finansies gegaan het, insluitend verkryging en betalings aan diensverskaffers wat heel moontlik ANC-bande het.