EFF sê hy sal saam met ANC werk maar nie DA, VF+ nie

Die EFF sê hy is bereid om deel te neem aan ‘n ANC-geleide regering van nasionale eenheid solank dit die DA en die Vryheidsfront Plus uitsluit. Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, sê die DA en VF Plus verteenwoordig die imperialistiese verwerping van progressiewe internasionalisme en regstellende aksie, asook die onteiening van grond sonder vergoeding om apartheid en die koloniale grondregime aan te spreek: