EFF sê ANC verwaarloos kinders, jongmense
Die EFF sê talle jongmense sukkel met ernstige geestesgesondheidskrisisse. ‘n Woordvoerder, Leigh -Ann Mathys, sê slegs een uit tien Suid-Afrikaanse kinders wat aan geestesgesondheidstoestande ly wat gediagnoseer en behandel kan word, het toegang tot geestesgesondheidsorg. Volgens die EFF is verlede jaar, net in Gauteng, 40 selfdoodgevalle aangemeld. Mathys voeg by dit is nie tekens van ‘n florerende omgewing vir die jeug nie, maar een van verwaarlosing deur die regering en minagting van die kinders van Afrika.