EFF sal nie met DA of VF+ werk nie

Die EFF-leier Julius Malema sê hulle is nie teen ʼn regering van nasionale eenheid gekant nie, maar sal nie deelneem aan ʼn regering wat regse en reaksionêre politieke partye insluit nie. Hy het die media gisteraand oor koalisiesamesprekings toegespreek. Die EFF is die vierde grootste party in die land met 9,52-persent van stemme in die algemene verkiesing. Malema sê hulle sal nie saam met die DA en VF Plus werk nie: