EFF ondersteun ‘dapper’ jeug van Kenia
Die EFF sê hy staan steeds by die dapper jeug van Kenia wat in opstand gekom het teen finansiële wetgewing wat deur die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank gesteun word en geweldige belastingverhogings op die mense van Kenia afdwing. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê die jeug-geleide protesoptrede het ‘n kragtige golf van inspirasie oor die vasteland laat spoel. Mathys sê die jeug van Suid-Afrika mag nie agtergelaat word nie.