EFF maak amok by Kaapstad-raadsitting
Spanning het vandag hoog geloop op ‘n raadsitting van die Stad Kaapstad toe lede van die EFF die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, se openingstoespraak onderbreek het. Die EFF-lede het baniere met sterk-bewoorde boodskappe omhoog gehou en geëis dat die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, verwyder word. Lede van verskeie politieke partye het hulle by die oproer aangesluit en aangedring op die vrylating van geskutte minibustaxi’s. Opposisiepartye was gereed om debat te voer oor die onlangse taxi-staking toe die chaos uitgebreek het.