EFF eis dat Bester onmiddellik teruggebring word SA toe

Die EFF vra dat Thabo Bester onmiddellik van Arusha in Tanzanië na Suid-Afrika teruggebring word. Die party eis ook dat streng toesig oor Bester gehou word om te verhoed dat iets gebeur wat kan verhinder dat hy die name bekend maak van die mense wat hom gehelp het om uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein te ontsnap. Die EFF sê Bester moet ondervra word oor al die mense wat bygedra het tot sy luukse leefstyl in die tronk en sy lewe as voortvlugtende moontlik gemaak het.