EFF boos oor vertragings in Joslin Smith-saak

Die EFF in die Wes-Kaap veroordeel die vertragings in die saak teen vier verdagtes oor die verdwyning van die sesjarige Joslin Smith. Die saak is Maandag in die Vredenburg-landdroshof tot September uitgestel nadat die staat meer tyd gevra het vir verdere ondersoeke, forensiese verslae en data-ontleding van die beskuldigdes se selfone. Joslin se ma, Racquel Chantel Smith, is een van die beskuldigdes. Die graad een-leerder het in Februarie uit haar huis in Saldanhabaai verdwyn. Die EFF sê die vertragings in hierdie saak toon swakhede in die regstelsel.