EFF boos oor reuse-begroting vir Cyril Ramaphosa se kantoor
Die EFF sê die huidige administrasie het gewys hy het nie die vermoë om die land se dringende probleme aan te pak nie. Die party het die Presidensie se begroting in die Nasionale Raad van Provinsies verwerp wat reeds in die Nasionale Vergadering goedgekeur is. ‘n Begroting van 612 miljoen Suid-Afrikaanse rand is in die huidige boekjaar aan die Presidensie toegewys. Mandisa Makesini van die EFF sê president Cyril Ramaphosa se onvermoë om behoorlik oor die ekonomie toesig te hou, stuur die land oor die afgrond: