Eeu-oue skeurbuik is terug

Die lewenskostekrisis, vetsug en ultraverwerkte voedsel veroorsaak moontlik skeurbuik. Die siekte was algemeen tussen die 16de en 18de eeue en is veroorsaak deur ʼn tekort aan vitamien C. Simptome van skeurbuik sluit gewoonlik in rooi of blou kolle op die vel, veral op die bene en voete, moegheid, gewrigs- en spierpyn, geswelde of bloeiende tandvleis en vel wat maklik kneus. Risikofaktore sluit in rook, vetsug, alkoholisme, ‘n swak dieet en operasies vir gewigsverlies. Dit kan reeds so gou as ‘n maand na ʼn dieet met ʼn tekort aan vitamien C voorkom.