Eeshoke Chula Chula wen Hage Geingob-beker

Eeshoke Chula Chula het die negende stryd om die Hage Geingob-beker in ‘n volgepakte Onafhanklikheidstadion gewen. Chula Chula het met 1-0 teen African Stars geseëvier deur Moses Shidolo se doel in die 42ste minuut. Hulle het met die wisseltrofee, medaljes en 250 000 Namibiese dollar weggestap. In die vroue-wedstryd het Girls and Goals vir Ongos FC met 1-0 geklop en 100 000 dollar losgeslaan. Die wedstryd tussen Namibiese voetballegendes en hul Suid-Afrikaanse eweknieë het 1-elk in gewone tyd geëindig, waarna die Suid-Afrikaners met 5-4 gewen het na uitskiet-strafskoppe.