Eerste wenners van eiendomslootjie bekend
Die wenners van die eerste bonanza-trekkings in die eiendomslootjie van Basil Smit, is vandag in die hoofstad aangekondig.Hy is die eienaar van Amani Lodge wes van Windhoek en BurgsView Boutique Hotel in die hoofstad. Die totale prysgeld van die twee eiendomme word op ‘n minimum van 29 miljoen dollar gewaardeer. Die eerste twee bonanza-wenners het onderskeidelik12 000 en 8 000 Namibiese dollar wen. Woordvoerder Gert Jacobie het die wenners aan Kosmos 94.1 Nuus bekendgemaak.