Eerste week van ondersoek na Julie-onluste in Suid-Afrika afgehandel

Die eerste week van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se ondersoek na die Julie-onluste in die buurland is afgehandel. Daar is baie bewys wat toon dat daar swak polisiereaksie was. Daar was glo ook geen reaksie van die toppolisieleierskap in KwaZulu-Natal nie. Nog ‘n fokuspunt in die SAMRK se verhore was die rassediskriminasie in Phoenix.