Eerste vrag mediese voorrade kom in Egipte aan

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ‘n vliegtuig met 78 kubieke meter mediese voorrade van sy logistieke spilpunt in Dubai het op die El-Arish-lughawe in Egipte geland. Die voorrade gaan aan Gaza gelewer word om in noodsaaklike gesondheidsbehoeftes te vervul sodra humanitêre toegang by die Rafah-kruising ingestel is. Die WGO voeg by vir elke uur wat die voorrade aan die Egiptiese kant van die grens bly, sal meer meisies en seuns, vroue en mans, veral diegene wat kwesbaar of gestremd is, sterf, terwyl die voorrade wat hulle kan red minder as 20 kilometer daarvandaan is.