Eerste sluipmoord-poging op Hendrik Verwoerd vandag
‘n Brokkie geskiedenis… Dit was vandag 64 jaar gelede wat daar ‘n sluipmoordpoging op die buurland se berugte eerste minister Hendrik Verwoerd was. Hy het op 9 April 1960 die Randse Paasskou in Johannesburg bygewoon en David Pratt, ‘n ryk, Engelse sakeman en boer van Magaliesberg het hom twee keer in die kop geskiet maar, Verwoerd het oorleef. Dit was nie van lange duur nie en hy is ses jaar later op 6 September 1966 deur Dimitrio Tsafendas vermoor.