Eerste renoster-weeshuis vier sy tiende bestaansjaar

‘n Renosterweeshuis in Suid-Afrika wie se naam nie bekend gemaak is nie, vier ‘n mylpaal. Dit is die wêreld se eerste renosterweeshuis wat sedert 2012 renosters rehabiliteer en daarna in die natuur vrylaat. Die stigter, Arrie van Deventer, en sy span vier tien jaar in bedryf met die herinnering van Tswalo, die heel eerste swartrenosterkalf wat hulle ingeneem het. Tswalo was wel nie wees nie, maar het gesondheidsprobleme gehad. Van Deventer sê die organisasie hoop om fondse in te samel sodat die weeshuis na ‘n groter ruimte verskuif kan word.