Eerste reaksie op Phala Phala-verslag

Die African Transformation Movement het bevestig dat hy sy reaksie op die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se voorlopige Phala Phala-verslag ingedien het. Die verslag spreek President Cyril Ramaphosa vry van enige verkeerde optrede wat die inbraak in Februarie 2020 op sy plaas in Limpopo betref. Die verslag het bevind bewerings dat die president die Etiese Kode vir die Uitvoerende Gesag oortree het, en dat daar ‘n botsing van belange was tussen sy sakebelange en grondwetlike verpligtinge, is ongegrond. Die party se woordvoerder, Zama Ntshona, sê hulle stem nie saam met die bevinding nie: