Eerste pypleiding in Niger aangeval

Niger se junta het bevestig dat rebelle ‘n oliepypleiding wat ru-olie na die naburige Benin vervoer beskadig het. Die Patriotic Liberation Front, wat veg vir die vrylating van oudpresident Mohamed Bazoum, sê hy sit agter die aanval. Die rebelle dreig om olie-installasies te teiken. Hulle doen ‘n beroep op die Chinese maatskappye wat die pypleiding bestuur, om hul steun vir die militêre regime te beëindig.