Eerste openbare ondernemings-beleid werkswinkel kom
Die openbare ondernemings ministerie het ‘n beleid opgestel om aanwysings te gee vir die eienaarskap van ondernemings in staatsbesit. Inklusiewe streeksbelanghebbendes-konsultasiewerkswinkels sal oor ses streke gehou word om die beleid te bespreek, in vennootskap met die Duitse Vereniging vir Internasionale Samewerking. Die eerste van hierdie werkswinkels sal Maandag in die Khomas streek by die Windhoek Buiteklub plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met Johnathan Swartz, die woordvoerder van die departement van openbare ondernemings, gesels oor hoekom dit belangrik is.