Eerste oorhandiging van ‘Never Walk Alone’

Die Namibiese projek, Never Walk Alone, gaan hul oorhandigingseremonie die naweek in die Erongo-streek hou. Die projek is die inisiatief van Tim Ekandjo van MTC. Die doel van die projek is om geld in te samel om aan Namibiese kinders ‘n splinternuwe paar skoene elke jaar te gee. Van die borge wat tot die projek bygedra het is onder meer CSS Tech Solution, BST Bet, ReconAfrica en die Maatskaplike Voorsorgfonds.