Eerste nie-professionele bemanning op ruimtewandeling

’n Miljardêr en ’n ingenieur het die eerste nie-professionele bemanning geword wat een van die riskantste maneuvers in die ruimte uitgevoer het – ’n ruimtewandeling. Jared Isaacman en Sarah Gillis het ongeveer 15 minute uitmekaar uit die SpaceX-ruimtetuig geklim met spesiaal ontwerpte pakke. “Terug by die huis het ons almal baie werk om te doen, maar van hier af lyk die aarde beslis na ‘n perfekte wêreld,” het Isaacman gesê. Beelde wat regstreeks uitgesaai is, wys hoe hulle uit die wit Dragon-kapsule klim om 700km bo die blou aarde te sweef. Isaacman het die sending befonds.