Eerste minister vra landsburgers om hande te vat in ’24

Namibië staar verskeie uitdagings in die gesig met armoede en werkloosheid, wat gepaart gaan met drank- en dwelmmisbruik en maatskaplike euwels, wat die dringendste aangespreek moet word. Dit is die einde van die jaar en die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila doen ‘n beroep op landsburgers om hande te vat en saam te werk in 2024. Sy wens Kosmos 94.1 se luisteraars ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.