Eerste minister ontken korrupsie-aantygings ten sterkste

Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, ontken ten sterkste bewerings dat sy betrokke was by begunstiging en korrupte praktyke met die aanstelling van die petroleum direktoraat in die energie-ministerie se direkteur, Maggy Shino. Die bewerings is gemaak in ‘n brief wat op sosiale media gesirkuleer word. Sy sê alle staatsamptenare word aangestel ingevolge die voorskrifte van die Staatsamptenaarwet, soos Shino s’n ook gedoen is. Die eerste minister distansieer haar ook van aantygings dat sy ‘n persoonlike verhouding met Shino het. Sy sê enigeen wat bewyse het van korrupte praktyke, moet dit aan die owerhede voorlê.