Eerste minister lei Namibiese afvaardiging na AU-beraad

Leiers van die Afrika-unie vergader in Malabo, Ekwatoriaal-Guinee vir twee berade, aangesien die vasteland te kampe het met humanitêre krisisse, terrorisme en militêre staatsgrepe. Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila lei die Namibiese afvaardiging na die beraad wat vandag en môre gehou word. Ander lede van die Namibiese afvaardiging is Janelly Matundu, die adjunkminister van internasionale betrekkinge, dr. Daniel Kashikola, die adjunkminister van binnelandse sake, Emilia Mukusa, Namibiese ambassadeur by die Afrika-unie en Cletus Sipapela, Namibiese ambassadeur in Ekwatoriaal-Guinee. Die afvaardiging word op 31 Mei terug in Namibië verwag.