Eerste menslike geval van voëlgriep in Chili bevestig

Chili het die eerste geval van voëlgriep by ‘n mens opgespoor. Die land se ministerie van gesondheid sê die pasiënt is ‘n 53-jarige man wat ernstige griepsimptome gehad het maar hy is stabiel. Die regering ondersoek ook die bron van besmetting sowel as ander wat met die pasiënt in aanraking was. Die Namibiese landbouministerie het Woensdag alle invoerpermitte vir pluimveeprodukte van Chili vanaf 24 Februarie onmiddellik opgeskort. Onlangse gevalle in industriële plase het veroorsaak dat die regering die uitvoer van pluimvee gestaak het. Industriële gevalle is ook in Argentinië opgespoor, maar Brasilië, die wêreld se grootste uitvoerder van pluimvee, is steeds vry van die besmetting.