Eerste klopjagte op spazawinkels in Tshwane

ActionSA in Tshwane sê die onlangse klopjagte op vermoedelik onwettige spazawinkels in Streek twee en ses is nodig en word verwelkom. Ses kinders is sowat twee weke gelede in Naledi, Soweto, dood nadat hulle lekkernye geëet het wat by spazawinkels gekoop is. Die Departement van Gesondheid het bekendgemaak dat die kinders dood is aan organofosfaat, ʼn chemiese middel wat as plaagdoder gebruik word. Malosi Setsiba van ActionSA sê die Stad Tshwane moet meer klopjagte uitvoer: