Eerste Diwali-Barbie in SA
Barbie het sy eerste pop met ‘n Diwali-tema in Suid-Afrika bekend gestel wat in samewerking met die gevierde Indiese ontwerper, Anita Dongre, geskep is. Vandag is Diwali, die fees van ligte. Huise, sakeondernemings, en openbare ruimtes word verlig met diyas, of olielampe wat van klei gemaak is en vuurwerkvertonings word oral gehou. Die Barbie Diwali-pop is getooi in die kenmerkende Moonlight Bloom-kledingstukke en dit kombineer moderne estetika met tradisionele Indiese ontwerpelemente. Die pop is by uitgesoekte handelaars in Suid-Afrika beskikbaar.