Eerste digitale nomade plaaslik verwelkom
Namibië het die eerste digitale nomade-visums vir afstandswerkers amptelik aangeteken net vyf maande ná die amptelike bekendstelling van die land se digitale nomade-visum op 11 Oktober 2022. Die program is van stapel gestuur deur die ministerie van binnelandse sake en die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad met die doel om ekonomiese aktiwiteit in die land te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Catherine Shipushu, senior bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die raad gepraat…