Eerste Covid-verslag in lang tyd, uitgestuur

Daar is vandag vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n situasieverslag van Covid-19 ontvang, alhoewel dit gedateer is vir 11 Februarie. Die syfers dui vier aktiewe gevalle aan waarvan twee in Khomas is met een elk in Hardap en Oshikoto. Intussen blyk dit dat Oshikoto baie groter uitdagings as Covid het met 256 malaria-gevalle wat vanaf Januarie tot 18 Februarie bevestig is. Net meer as 3 000 gevalle van malaria is in die noordelike gebiede aangemeld en die gesondheidsminister het oor die naweek bevestig dit is ‘n amptelike uitbreking.