Eerste Chelsea-borg gestaak

Die mobiele netwerk Three het sy borgskap van Chelsea tydelik gestaak. Dis na aanleiding van sanksies van die Britse regering teen die eienaar van die klub, die Rus Roman Abramovich. Al sy bates is gevries nadat sy land Oekraïne binnegeval het en die verkoop van die klub is gestop. Three sê hy het Chelsea versoek om sy handelsmerk tot verdere kennisgewing van die klub se hemde te verwyder. Die maatskappy sê hy besef die besluit sal baie Chelsea-ondersteuners raak, maar voel dis die regte besluit.