Eerste benoemings vir Nobelpryse begin vandag

Die wenner van die Nobelprys vir Fisiologie of Medisyne sal vandag aangekondig word. Dit word toegeken vir ‘n ontdekking van groot belang in lewenswetenskap of medisyne. Verlede jaar se wenners was Katalin Karikó en Drew Weissman vir hulle ontdekkings rakende nukleosiedbasismodifikasies wat die ontwikkeling van doeltreffende entstowwe teen Covid-19 moontlik gemaak het. Die Nobelprys vir Fisika word môre aangekondig, gevolg deur die Chemieprys Woensdag, Letterkunde Donderdag en die Nobel-vredesprys Vrydag.