Eerste aansoeke vir GMO-mielie-invoere

Kaap Agri het te kenne gegee dat hy aansoek sal doen by die Namibiese Bioveiligheidsraad om geneties-aangepaste mielies in te voer. Namibiese produsente word nie toegelaat om geneties aangepaste mielies aan te plant nie as gevolg van EU-uitvoere en verder, geen verwerkte mielies of koring mag na Namibië ingevoer word nie omdat plaaslike meulenaars beskerm word. Voer wat van geneties-aangepaste grane plaaslik vervaardig word, word deur die EU aanvaar en dus kan Namibiese beesvleis steeds uitgevoer word. Mielies sal moet ingevoer word wat geneties-aangepaste mielies insluit omdat Namibië se mielie-oes vanjaar op ‘n skamele 80 000 ton beraam word en die land verbruik 150 000 ton. Belangstellendes wat besware wil aanteken het 30 dae om so te doen.