Eerste 50 inwoners na Plaas 37 by Walvisbaai verskuif

Die eerste 50 inwoners van Walvisbaai sal in die komende maande na Plaas 37 aan die buitewyke van die hawedorp verskuif word. Plaas 37 is sewe kilometer oos van Walvisbaai geleë. Dit is in 2016 geïdentifiseer as die oplossing vir die tekort aan behuisings-grond in die kusdorp. Sedertdien wag duisende grondlose inwoners op die raad om die gebied te ontwikkel. Die burgemeester, Trevino Forbes, sê die munisipaliteit het gemeenskaplike waterpunte, elektrisiteit en ablusie-geriewe aangebring. Hy het inwoners daar versoek om te fokus op die feit dat hulle binnekort grondeienaars gaan word.