Eenheidsregering moet steeds pro-Palestina wees 

Die groep Boycott, Divestment and Sanctions Coalition South Africa vra die nuwe regering om hulle regspan by die Internasionale Geregshof te steun. Hulle moedig die regering ook aan om stappe te doen om medepligtigheid te keer aan Israel se optrede teen Palestyne. Roshan Dadoo van die koalisie waarsku andersins sal Suid-Afrika se internasionale reputasie geskend word en openbare teenstand teen die regering van nasionale eenheid toeneem: