Een vermeende stroper wat in Etsoha doodgeskiet is, het sake gehad
Die Namibiese polisie sê die twee vermeende stropers wat op 1 Mei in die weste van Etosha Nasionale Park doodgeskiet is, is geïdentifiseer. Die 29-jarige Johannes Iishulu en Timoteus Mashuna, 39, het die park onwettig betree en is oor meer as 60 kilometer deur die teenstropery-eenheid gespoor. Hulle het volgens die polisie eerste op die eenheid geskiet. Mashuna het blykbaar geen uitstaande sake teen hom gehad nie maar Iishulu het twee renoster-stroop sake, een aanranding en een huisbraak teen hom gehad. Hy was vry op borg.