Een uit drie mense in Australiese parlement beleef seksuele teistering 

‘n Onafhanklike oorsig van die Australiese federale parlement se werksplek-kultuur het bevind een uit drie mense het al seksuele teistering van die een of ander aard beleef. Die oorsig is gedoen nadat ‘n voormalige werknemer van die Liberale Party, Brittany Higgins, beweer het sy is in die parlementsgebou verkrag. Die Kommissaris van Geslagsdiskriminasie, Kate Jenkins, het die oorsig gelei en sê wangedrag word dikwels as ‘n politieke probleem aangepak, pleks van ‘n menslike probleem.