Een Australiese man stuur 17m slenter-SMSe

Die Australiese polisie het vanoggend ‘n man wat in Sydney woon, aangekla dat hy 17 miljoen skelm SMS-boodskappe gestuur het, een vir byna elke volwassene in die land. Polisie in Nieu-Suid-Wallis sê die 39-jarige man was eiehandig verantwoordelik vir slenter-tekste wat selfoongebruikers regoor die land teister. Die tekste het vals skakels ingesluit wat voorgee om van Australia Post of tolpadoperateurs af te kom. Owerhede sê sogenaamde SMS-phishing is een van die mees algemene taktieke wat deur swendelaars ontplooi word om bank- en ander persoonlike inligting van ’n slagoffer te bekom.