Edwill se drie steeds in die nuus

Die nuwe Bok-sensasie Edwill van der Merwe hoop sy Speler van die Wedstryd-debuut vir die Springbokke is die eerste van vele. Van der Merwe het ‘n groot rol gespeel in Saterdag se 41-13-oorwinning teen Wallis op Twickenham. Sy drie in die 75ste minuut van die wêreldkampioene se toetstriomf het mense steeds aan die praat. Die vleuel het die bal by ‘n middelveld-skrum opgepik voordat hy twee teenstanders ontduik en oor 40-meter rieme neergelê het om onder die pale te druk.