Eddie Jones loop steeds deur na nederlaag teen Fidji

Die Australiese media klim onder die afrigter, Eddie Jones, die span en Rugby Australië in na hulle nederlaag van 22-15 Sondag teen Fidji. Dit was hulle eerste nederlaag teen die eilandbewoners van die Stille Oseaan sedert 1954 en plaas ʼn groot vraagteken oor hulle vermoë om die uitkloprondes van die Wêreldbeker-toernooi te haal. Die Wallabies moet Wallis nou verslaan om hulself ‘n kans te gee om die kwarteindronde te haal. Rugby Australië kom toenemend onder skoot oor sy besluit om Dave Rennie agt maande voor die toernooi af te dank en hom met Jones te vervang.