Eddie Jones gesels oor sy planne vir Japan
Japan se hoofafrigter, Eddie Jones, sê hy wil ‘n nuwe spelstyl skep wat avontuurlik en aanvallend is. Die 64-jarige Jones rig die Brave Blossoms vir die tweede keer af, nadat hy verlede jaar bande met Australië gebreek het, nadat hy vir die eerste keer in die Wallabies se geskiedenis nié die Wêreldbeker-uitklopfase kon haal nie. Jones se eerste wedstryd in beheer van Japan is in Junie teen Engeland, wat hy van 2015 tot 2022 afgerig het. Jones sê hy wil nuwe Japanse talent ontgin: