Ed Sheeran tree in Bhoetan op, eerste internasionale kunstenaar ooit
Die viermalige Grammy Award-wenner, Ed Sheeran, gaan volgende jaar in die Himalaja-koninkryk van Bhoetan, optree. Hy sal die eerste internasionale kunstenaar wees vir wie dié land gasheer speel. Die konsert by die Changlimithang-stadion vind op 25 Januarie plaas en is deel van die Britse sanger/liedjieskrywer se Mathematics-toer. Sheeran sal ook in Indië, China en die Midde-Ooste optree voordat hy na Europa gaan. Die Boeddhistiese koninkryk van sowat 700 000 mense is tussen China en Indië geleë, en het in die 1970’s na die res van die wêreld begin uitreik.