Ecowas-leiers in Niger vir vreedsame oplossing

‘n Afvaardiging van lande in die Wes-Afrika-streek het in Niger aangekom in ‘n laaste diplomatieke poging om ‘n vreedsame oplossing te kry met muitende soldate wat die land se President Mohamed Bazoum verlede maand omvergewerp het. Verteenwoordigers van die Wes-Afrika-streekblok, Ecowas, het vroeër ingestem om, indien nodig, troepe as deel van ‘n militêre mag te ontplooi. Die soldate wat die President onttroon het, het die mag oorgeneem en hou Bazoum, sy vrou en seun onder huisarres in Niamey aan.