ECN weier om te sê oor Ren-Form

Die Namibiese Verkiesingskommissie weier om enige kommentaar te lewer oor die aanstelling van Ren-Form in Johannesburg om die nodige stembriewe vir die 27 November verkiesings te verskaf. Ren-Form is in die middel van ‘n korrupsie skandaal in verband met Zimbabwe se verkiesings waarby miljoene dollar betrek word. In Julie het Daily Maverick berig dat Ren-Form, die prys van onder meer stembriewe verhoog het terwyl sy polities verbonde Zimbabwiese sakeman, Wicknell Chivayo, betalings aan geheimsinnige amptenare gemaak het. In een geval het Ren-Form die Zimbabwiese verkiesingskommissie 23 miljoen Namibiese dollar gefaktureer vir ‘n bediener wat normaalweg net 90 000 dollar kos. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka het eenvoudig die volgende gesê.