ECN verkry op die nippertjie
Die herrie is los by die verkiesingskommissie as sy kortkennisgewings vir 2 195 voertuie, 360 tente, 797 kragopwekkers, 3 101 tafels en 7 342 stoele enigiets is om op te gaan. Die kommissie het ook onlangs gesê hy het ‘n begrotingstekort van 60 miljoen Namibiese dollar vir die verkiesing nadat hy 269 miljoen dollar begroot het. Intussen is daar berigte van kiesbeamptes wat dreig om te staak met ander wat kla oor hulle betaling en toelaes. Dit kom na die kommissie aangekondig het hy het betalings aan beamptes in Mei hersien en opgestoot