ECN toep ledig, maar hier’s onbevestigde uitslae

Niks is nog seker oor die verkiesings nie, maar volgens die jongste beskikbare uitslae is net meer as 28 000 stemme getel. In die presidensiële verkiesing loop Swapo se Netumbo Nandi-Ndaitwah sover voor met 51 persent van die stemme, gevolg deur Panduleni Itula van die IPC met 25 persent. In die derde plek is die PDM se McHenry Venaani met 6,7 persent van die getelde stemme. Swapo loop ook voor in die Nasionale Vergadering-verkiesing, met sowat 42 persent van stemme. Die IPC is tweede met 25 persent en die AR-beweging derde met 7,2 persent. Hierdie syfers is nie amptelik nie en die Verkiesingskommissie se toep dui nog geen uitslae aan nie.