ECN terug hof toe om party-deregistrasie om te keer 

Die Namibiese Verkiesingskommissie het vandag ‘n dringende aansoek voor regter Shafimana Ueitele om sy deregistrasie van die Christian Democratic Voice-party om te keer.  Die kommissie het die aansoek gebring na die hof op 5 September bevind het dat hy nie die Namibia Economic Freedom Fighters-party kon deregistreer nie. Die twee partye is op 17 Junie deur die kommissie gederegistreer na hulle nie ouditverslae ingedien het nie. Die party staan nie die aansoek teen nie en daar word verwag dat uitspraak vandag nog gelewer sal word.